Marmer of graniet vir jou huis: Wat is die beste?

Request quote

Invalid number. Please check the country code, prefix and phone number
By clicking 'Send' I confirm I have read the Privacy Policy & agree that my foregoing information will be processed to answer my request.
Note: You can revoke your consent by emailing privacy@homify.com with effect for the future.

​Marmer of graniet vir jou huis: Wat is die beste?

Johannes van Graan Johannes van Graan
 Corridor & hallway by GRANMAR Borowa Góra - granit, marmur, konglomerat kwarcowy,
Loading admin actions …

Is daar enige ander opsies wat soveel styl en elegansie bied as marmer en graniet? Seker, maar vandag fokus ons op hierdie twee!

Dink aan hoeveel kombuise en badkamers jy al gesien het waar marmer of graniet die hoof material was – hoe klassiek en tydloos was daardie vertrekke nie?

Maar watse een werk die beste?

1. Alhoewel altwee stylvol in ‘n kombuis lyk, is graniet (in ‘n donker kleur) die meer praktiese opsie vir al daardie mors en spat.

2. Graniet het ‘n gladder afwerking as marmer, wat ‘n groter kontras verseker wanneer dit by ander “rowwe” materiale (soos hout) geplaas word.

3. Graniet in ‘n sagte aardse kleur was gekies vir hierdie moderne badkamer, en ons kan nie aan enige ander styl of ontwerp dink wat ‘n beter keuse sou wees nie!

4. Kyk hoe pragtig vloei die muurpapier saam met die patroon van die graniet vloer en –toonbank in hierdie klassieke badkamer.

5. Kleure, teksture en patrone moet oorweeg word. En hier sien ons weereens hoe graniet (in ‘n aardse bruin) die perfekte opsie vir hierdie minimalistiese badkamer was.

6. Albei opsies werk vir buitenste oppervlaktes soos stoepe en tuine, maar maak seker jy verstaan die onderhoud wat gepaard gaan met jou keuse.

Gepraat van buite, bekyk gerus hierdie 11 foto’s van keramiekvloere vir jou stoep.

Watse een verkies jy om aan jou huis ‘n tydlose elegansie te verleen?
 Houses by Casas inHAUS,

Need help with your home project?
Get in touch!

Discover home inspiration!