rustic Dining room by Egue y Seta

​7 Feng Shui wenke om rykdom na jou huis te lok

Johannes van Graan Johannes van Graan
Google+
Loading admin actions …

Noem dit bygeloof of streng stylreëls wat die waarheid praat, die punt is dat Feng Shui beslis iets is om oor na te dink. En al glo jy nie daaraan nie, kan jy nie stry dat om jou huis volgens Feng Shui te skuif definitief ‘n verskil aan jou spasie se styl maak nie. 

Vandag beloer ons maniere wat, volgens Feng Shui nou, rykdom in jou lewe kan inbring, maar eers moet jy aan ‘n paar meubelstukke en dekor verander…

1. ‘n Netjiese ingang

mediterranean Houses by 08023 Architects
08023 Architects

Herrero House—Main Door

08023 Architects

Vee daardie voorstoep, maak reg die stukkende lig, verf jou voordeur, ens. Rykdom gaan beslis in sy voetspore omdraai as jou ingang nie stylvol is nie.

2. Bring water na binne

 Garden  by Slabon  Forja Creativa
Slabon  Forja Creativa

Fuente mezcla acero inox y acero corten

Slabon Forja Creativa

In die wêreld van Feng Shui simboliseer water rykdom, dus maak dit sin dat jy daarvan moet insluit in jou huis. Fokus of dinge soos ‘n fontein, vistenk, kunswerke wat water uitbeeld, ens.

3. Ruim op!

‘n Deurmekaar huis gaan net vir jou moeilikheid besorg!

4. Hou jou kombuis skoon

Dit maak mos sin, veral omdat jy met kos in jou kombuis werk! Maak ook seker dat jy gereeld jou yskas opruim en enige ou produkte (soos kruideniersware wat al verval het) uitgooi.

5. Gooi uit wat jy nie meer gebruik nie

classic Dressing room by Canexel
Canexel

Vestidor

Canexel

Of dit nou ‘n ou trui, skoene, of ‘n speelding uit jou kinderdae is, opgaar gebruik net onnodig spasie. Om jou huis gereeld skoon te maak en ontslae te raak van onnodige elemente verban ook negatiewe energie uit jou lewe (altans dis wat Feng Shui ons wil leer).

6. Dink mooi oor kleur

As jy voorspoed in jou huis wil geniet, werk met kleure soos rooi, pers of groen teen jou mure, meubels of matte. Onthou net om daardie kleur(e) met jou persoonlike smaak en styl te meng – dit ís jou huis!

7. En wat van dekor?

Probeer varsheid en lewe in jou huis inbring met plante, veral dié met ronde blare en rooi blomme. Botaniese skilderye kan ook help! 

Gepraat van plante, beloer gerus hierdie GROOT idees vir jou klein tuin en binnehof.

Wat is jou mening oor Feng Shui?
modern Houses by Casas inHAUS

Need help with your home project? Get in touch!

Discover home inspiration!