​Johannesburg doen dit weer met hierdie manjifieke skepping!

Johannes van Graan Johannes van Graan
Glass House , Nico Van Der Meulen Architects Nico Van Der Meulen Architects Modern houses
Loading admin actions …

Wanneer dit by ‘n uitbundige leefstyl kom, weet ons almal dat geld nie klas kan koop nie. Maar nou ja, geld maak die lewe mos net soveel meer gemaklik, so as jy dit het, hoekom dan nie spog nie? 

En gepraat van uitbundigheid én klas, dit bring ons by vandag se homify 360° ontdekking, wat geen doekies omdraai wanneer dit by weelderigheid, gemak en hope styl kom nie – wat anders kan mens nou verwag van ‘n 2,068 m² skepping en die kreatiewe mense by Nico van der Meulen Architects?

Die paradys aan die agterkant

Hoe gereeld sien mens ‘n huis waar die agtererf só lyk? Ons is seker dis die uithang-plek van die eienaars en vriende op ‘n gereelde basis, veral met daardie fantastiese swembad!

Maar wat bevat hierdie huis nog? Wel, daar is ‘n “klein” formele sitkamer, ‘n groot oopplan kuierarea, ‘n eetkamer met sitplek vir 20 gaste, ondergrondse parkering vir 14 karre, ‘n speelkamer vir die eienaars se kinders, ‘n kroeg, ‘n binnenshuise swembad, en nog vele meer!

Soveel spasie vir soveel klas

Kyk net hoe lieflik maak die huis oop danksy tamaai groot glasdeure en vensters – perfek om die vars atmosfeer van die buitekant na binne te bring. En gepraat van glasdeure, daardie skuifdeure aan die agterkant strek vir omtrent 70 m rondom die eetkamer, sitkamer, fontein en gimnasium.

‘n Luukse leefstyl

Aangesien ‘n huis met soveel spasie die nodige meubels en dekor moet hê, het die ontwerpers en versierders hulle inspirasie van internasionale boetiek hotelle gekry – en dit wys beslis! 

Hierso sien ons die informele eetstelletjie wat deel vorm van die sitkamer – die formele een wat spasie vir 20 gaste het is te sien in die agtergrond.

‘n Kykie na die kroeg

Hierdie manjifieke spasie is die plek om te wees, of dit nou vir ‘n glas wyn, cocktails of sjampanje is! En wat kan nou beter wees as daardie helder beligting van die toonbank om die “happy hour” spasie aan te dui? 

Kom ons beloer nog so paar foto’s van hierdie uitmuntende ontwerp.

Maar moenie van Pretoria vergeet nie – kom ons beloer Die Pretoria huis met super styl en spasie.

So, wat dink jy van hierdie skepping?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine