6 foto’s wat jou gaan inspireer om jou vloere oor te doen

Request quote

Invalid number. Please check the country code, prefix and phone number
By clicking 'Send' I confirm I have read the Privacy Policy & agree that my foregoing information will be processed to answer my request.
Note: You can revoke your consent by emailing privacy@homify.com with effect for the future.

​6 foto’s wat jou gaan inspireer om jou vloere oor te doen

Johannes van Graan Johannes van Graan
 Houses by Add-con Architect, Modern
Loading admin actions …

Om die regte materiale te kies vir jou huis se vloere is nie kinderspeletjies nie, aangesien die resultate prakties én pragtig moet wees – en dit geld natuurlik vir elke vertrek, van sitkamer en gang tot die kombuis en slaapkamers

Vandag beloer ons ‘n huis wat gedoen is deur Add-Con Architect in Thailand om jou so bietjie te inspireer en idees te gee vir jou huis se vloere, binne en buite!

1. Porselein teëls

Die oopplan sitkamer en eetkamer se vloer is opgestyl met porselein teëls in a sagte wit, wat nog meer prominent skitter danksy die lig wat na binne skyn.

2. ‘n Tikkie kontras

Kyk net hoe pragtig kontrasteer die sagte wit met die donker bruin van die deur, vensters en trappe, om nie eers te praat van daardie diep blou teenaan die een muur nie.

3. Wonderlike weerkaatsing

Hierdie foto is genoeg om enigiemand te oorreed om hul teëls ordentlik en gereeld skoon te maak – kyk net hoe wonderlik weerkaats die vloer die vensters, en dis net omdat hulle so blink gevryf is.

4. Teëls vir die badkamer

Aangesien daar met water in die badkamer gewerk word, sou dit gevaarlik gewees het om sulke gladde vloere hier in te bring; dus, het die ontwerpers besluit om maar by meer growwe teëls te hou, wat nietemin ook heel skaflik in ‘n sagte sand kleur lyk.

5. Pret met patrone

Volgende is die kombuis, waar die vloere en mure bietjie meer prettig voorkom danksy hul patrone en kleure, veral daardie Mediterreense-styl teëls van die vloer. En kyk net hoe pragtig werk dit saam met die warm bruin van die kombuiskaste.

6. ‘n Rustieke styl vir die balkon

Laaste, maar beslis nie die minste nie, is die balkon, waar ‘n meer rustieke styl vir die teëls gekies is. Gekleur in ligte, sanderige skakerings om uit te staan tussen die wit muur en swart reling, word hierdie teël vloer ook baie meer prominent wanneer dit saam met die helder groene van die tuin in die agtergrond gesien word.

Volgende op ons loerlysie: 27 ongewone skuifdeure wat jy moet sien!

So, watse vertrekke in jou huis gaan ‘n nuwe “look” kry met teëls?
 Houses by Casas inHAUS, Modern

Need help with your home project?
Get in touch!

Discover home inspiration!