​Hoe om vir 'n behuisingsubsidie aansoek te doen in Suid-Afrika

Johannes van Graan Johannes van Graan
Projekt domu Simon G2 , Pracownia Projektowa ARCHIPELAG Pracownia Projektowa ARCHIPELAG Modern houses
Loading admin actions …

Die behuisingsprobleem in Suid-Afrika het krisisvlakke getref. Alhoewel daar planne van die staat is om in te gryp, leef steeds talle mense in armoede. Om hierdie rede is Gap-behuising ingestel, wat voorsiening maak vir 'n behuisingsubsidie vir lae-inkomste huishoudings. 

Maar wat presies is 'n staatsbehuisingsubsidie? En watse stappe moet gevolg word?

​1. Wat is 'n staatsbehuisingsubsidie?

Casa Minusvalido Visual, +ARQ +ARQ Colonial style house

'n Staatsbehuisingsubsidie is 'n toelaag wat vir behuisingdoeleindes deur die regering voorsien word. Let wel dat die regering nie kontant aan begunstigdes gee nie en dat die toelaag slegs vir behuising gebruik kan word.

2. Wie kan vir 'n staatsbehuisingsubsidie aansoek doen?

Om vir 'n behuisingsubsidie aansoek te doen, moet jy:  

• 21 jaar of ouer wees; 

• getroud of enkellopend met afhanklikes wees, of reeds lank saam met iemand woon; 

• werkloos wees of nie meer as R7 000 per huishouding per maand verdien nie; 

• 'n Suid-Afrikaanse burger wees, of, indien jy 'n buitelander is, 'n permanente verblyfpermit besit; 

• nog nooit voorheen staatsbehuisingsbystand ontvang het nie; en 

• 'n eerstekeer-huiseienaar wees.

3. Waar kan jy aansoek doen?

By jou naaste satellietkantoor, waar die Munisipaliteit afdelings het wat behuisingsake hanteer.

4. Hoe om aansoek te doen

Vivienda Suarez, Arq2g Arq2g Modern dining room Wood Wood effect

Jy betaal geen gelde om aansoek te doen vir 'n huis wat deur die regering gesubsidieer word nie. Indien jy jou naaste satellietkantoor wil besoek, neem die volgende dokumente saam:  

• Jou ID-boek • Jou eggenoot of eggenote se ID-boek (indien nodig) 

• Geboortesertifikate van afhanklikes (kinders) 

• Bewys van inkomste indien jy werk 

• Bewyse (bv 'n beëdigde verklaring) wat jy nodig sal hê ten opsigte van uitgebreide familielede. 

Jy kan afskrifte van die dokumente maak en dit by jou naaste polisiekantoor of landdroshof laat sertifiseer voordat jy die satellietkantoor besoek.

5. Wat van mense met spesiale behoeftes?

Natuurlik het mense met spesiale behoeftes (soos bejaardes en gestremde persone) unieke huise nodig, byvoorbeeld iemand in ‘n rolstoel sal ‘n huis benodig met wye deure. Meer inligting hieroor kan verkry word by jou naaste satelliet- en provinsiale kantore.

6. Wat gebeur na jou aansoek voltooi is?

Wanneer jy by jou naaste satellietkantoor aansoek doen, ontvang jy 'n bewys van registrasie. Hierdie vorm sal die datum van jou aansoek aandui asook jou aansoeknommer. Neem hierdie vorm saam na jou naaste satelliet- of provinsiale kantoor om te kyk of jou naam op die provinsiale waglys verskyn. 

Jy sal ongelukkig jou beurt moet afwag. Gaan altyd die vordering van jou aansoek by jou satelliet- of provinsiale kantoor na.

7. Belangrik om te onthou

Stel jou satellietkantoor in kennis indien:  

• jou woon- of posadresbesonderhede verander; 

• jou werkstatus verander (as jy jou werk verloor of ander werk kry); 

• daar veranderinge in jou familie is (bv bykomende afhanklikes); of 

• jou gesondheidstoestand verander (bv gestremdheid).

Loer gerus na hierdie 14 klein(erige) huise om van te droom.

Wat is jou opinie oor behuisingsubsidies in Suid-Afrika?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine