​Voor en na: 5 stoepe wat styl kry

Johannes van Graan Johannes van Graan
囲炉裏のある家, 灯和屋(株式会社シェアスタイル) 灯和屋(株式会社シェアスタイル)
Loading admin actions …

Wanneer dit by stoepe kom, is daar hope potensiaal in terme van grootte, materiale, kleure, uitlegte, ens. Maar dit beteken nie noodwendig dat elke moderne huis deesdae met ‘n stoep of terras spog nie.

Gelukkig is die wêreld vol slim- en kreatiewe ontwerpers en bouers wat gereed staan om ‘n ou vergete area by te kom, ‘n paar meubels en dekorstukkies by te voeg en sodoende ‘n droomspasie (of droomstoep) te skep.

Kom ons loer bietjie na 5 voorbeelde van ou, verwaarloosde stoepe wat ‘n tweede kans (en styl) in die lewe ontvang het…

1. Voor: ‘n Vervalle spasie

Hierdie ou huis was gelukkig genoeg om ‘n balkon/stoep te geniet, maar soos ons kan sien is die spasie se styl bietjie verwaarloos.

Na: ‘n Vars opknapping

Dit lyk asof sommer als hierso ‘n moderne opknapping ondergaan het, van die vloere en mure tot die potplante!

2. Voor: ‘n Mors van spasie

Hier mag dalk ‘n afdak area met betonvloer wees, maar ons sal regtig nie hierdie ontwerp ‘n “stoep” noem nie, aangesien dit meer soos ‘n pakplek lyk!

Na: Kreatiewe kalmte

Hierdie hele huis het sommer ‘n nuwe “look” gekry, wat natuurlik die stoep/tuin insluit – vandag is dit ‘n pragtige Zen tuin wat definitief meer aandag (en styl) geniet as daardie hartseer pakplekkie vantevore!

3. Voor: Net leë spasie

Aangesien hierdie ‘n leegstaande woning is, is dit geen wonder dat die stoep en tuin heeltemal vervalle geraak het nie!

Na: Nuwe styl

Die nuwe inwoners het gelukkig nuwe styl saamgebring, asook ‘n nuwe uitleg, want kyk net hoe bekoorlik lyk hierdie afdakstoepie (met sy klipvloere en helder groen potplante) vandag!

4. Voor: Heeltemal outyds

Alhoewel hierdie afdakstoepie al die regte elemente besit om ‘n lekker praktiese spasie te wees (heerlike koelte, ‘n klipmuur ontwerp, trappies met relings, ens), was die eindresultaat net nie heeltemal stylvol genoeg na ons sin nie.

Na: ‘n Lekker vars ontwerp

Die rustieke styl het hierdie stoep heeltemal oorgeneem, en daarom lyk alles hierso (van die houtpilare en klipvloere tot die potplante) sommer stukke beter!

5. Voor: ‘n Vergete en beknopte plek

Hierdie lyk heeltemal hopeloos! Die toe balkon het soveel potensiaal, maar ongelukkig is dit besluit dat hierdie area ‘n lelike pakplek moes word.

Na: Die lieflike ou sonkamertjie

Nie net geniet hierdie balkon nou ‘n nuwe kleurskema en meubels nie, maar sommer ook ‘n blink styl, danksy die lekker sonlig wat deurstraal en amper die hele plek laat ophelder!

Volgende op ons lees-lysie: 8 tuine wat jou sommer gaan lus maak vir tuinmaak!

Watter stoep lyk die beste, in jou opinie?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine