​7 klein tuine: mooi om na te kyk, maklik om na te boots!

Johannes van Graan Johannes van Graan
Fantástico Proyecto - Casa Desnuda, Taller Estilo Arquitectura Taller Estilo Arquitectura Eclectic style garden
Loading admin actions …

Kom ons wees nou maar eerlik: ons oordeel mense net so lekker oor die toestand van hul tuine as hul huise se binnekant. Want as ‘n mooi en netjiese huis omring is deur ‘n erf wat hopeloos verwaarloos is, sê dit mos baie van die mense wat daar woon, of hoe?

Gelukkig is ‘n pragtige tuin nie noodwendig ure en ure se werk nie, veral nie die 7 vars voorbeelde wat ons vandag vir jou gaan wys nie…

1. Gawe geometrie

Jy hoef nie ‘n massiewe erf te hê om ‘n pragtige tuin te geniet nie; dis hoekom beddings ontwerp is! En indien jy sukkel om met ‘n treffende ontwerp vorendag te kom, onthou net dat jy nie verkeerd kan gaan met eenvoudige geometrie nie.

‘n Paar klippies, vars plante/blomme, dalk ‘n potplant of twee en siedaar!

2. Onder die trappe

Ons almal weet dat die spasie onderkant trappe somtyds moeilik kan wees, veral wanneer dit te klein is vir ‘n praktiese ontwerp soos ‘n sit- of werksplek.

Wel, wat van ‘n paar plante om bietjie varsheid en groenigheid na binne te bring? Kyk net hoe prentjiemooi is hierdie binnetuin opgetower en hoe lieflik die groen plante die bruin houttrap aanvul!

3. Verbloem daardie afskeep areas

Of dit nou ‘n hoekie tussen twee mure of ‘n sygangetjie oppad na die agtererf toe is, die meeste huise het ‘n spasie of twee wat so bietjie afskeep in terme van styl. En dis mos nou net daar waar so paar plante en klippies perfek kan werk, soos hier gewys – wie’t nou gedink gekleurde glas dekorstukkies kan so stylvol in ‘n tuin lyk?

4. Subtiel, dog stylvol

Soos voorheen genoem, kan mens heel kreatief raak met ‘n eenvoudige bedding. En natuurlik is daar soveel verskillende maniere om dit op te tower, soos hierdie voorbeeld met sy mini houtheining en klippie-ontwerp vir ons wys.

5. Briljante bloeisels

Moenie een van die belangrikste elemente vergeet wanneer dit by tuinmaak kom nie: blomme! Met soveel kleure, geure, patrone en vorms om van te kies, hoef jy nie bekommerd te wees dat jou tuin presies soos jou buurman s’n gaan lyk nie. 

Kies helder kleure wat kontrasteer van mekaar (soos blou en pienk) om jou tuin se styl nog meer prominent te maak.

6. ‘n Stylvolle stoep

Jou stoep hoef glad nie terug te staan wanneer dit by tuinmaak kom nie – potplante is die antwoord! En natuurlik kan beligting, meubels, verf en ander elemente ook nog bykom om ‘n eenvoudige stoep in iets unieks te omskep.

7. Wees gemaklik

So gepraat van meubels, kyk net hoe lieflik is hierdie balkonnetjie opgetower danksy moderne meubels, kleurvolle kussings, helder verf en, natuurlik, vars plantegroei! Sal jy so iets op jou eie kan aanpak tuis? 

Volgende op ons lysie: 8 tuine wat jou sommer gaan lus maak vir tuinmaak!

Watter van hierdie tuinmaak idees gaan jy beproef?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine