​‘n Groot verrassing agter dié baksteenmure

Johannes van Graan Johannes van Graan
CASA XOCHIMILCO _ II, rOOtstudio rOOtstudio Modern kitchen
Loading admin actions …

Vir vandag se homify 360° stukkie reis ons al die pad na Mexiko, waar ons ‘n les leer wat nie almal van ons al onder die knie het nie: ‘n eerste indruk is nie altyd die korrekte een nie. 

Rootstudio is die maatskappy wat vandag se huis gebou het, en tesame met ‘n klein begroting en stylvolle interieurs, was daar net een ander spesifikasie vanaf die kliënt: behou asseblief die boom in die agtertuin. 

Kom ons kyk wat hierdie argitekte aangevang het…

Die eenvoudige buitekant

Wees eerlik: sal jy stop, staar en wonder wat aan die agterkant van hierdie ongelooflike onopwindende muur aangaan? Alhoewel hierdie sekuriteitsmuur ‘n lekker warm kleur en interessante tekstuur het, is dit nou nie iets wat almal sal aanstaan nie.

Maar onthou ons het jou gewaarsku oor eerste indrukke…

Die erf aan die agterkant

Ons spring sommer dadelik oor na die erfie aan die agterkant, en hier sien ons die boompie wat gemaak het dat die huis in ‘n L-vorm gebou moes word om seker te maak hy geniet sy staanplek. 

En in plaas van gras, tref ons gruis aan vir die grondoppervlak, alhoewel daar darem ‘n paar plante en blomme is wat bietjie varsheid en groenigheid verskaf.

Die verrassende binnekant

Hoe meer ons van hierdie huis sien, hoe meer begin ons wonder of daardie muur aan die buitekant nie dalk van ‘n ander projek is nie – maar wees gerus, dis dieselfde plek. 

Kyk net na al daardie vloerspasie, die tamaai groot vensters en glasdeure, en die heerlike uitleg van hierdie oopplan vertrek waar ons die sitkamer, eetkamer en kombuis aantref.

Reis na bo

In die een hoek van hierdie ruim vertrek tref ons ‘n trap aan wat na die boonste vloer lei (dis nou waar die meer private kamers soos die slaapkamers en badkamers geleë is). 

Maar wat vir ons fantasties uitstaan hierso is die rou styl en growwe tekstuur, soos die sementvloer en houtdak wat soveel karakter aan die huis se binnekant verleen! Dit laat die moderne meubels en dekor nog meer uitstaan.

‘n Treffende element

Voor ons hierdie ontdekking afsluit, beloer ons eers een van die treffendste elemente in die hele huis (dis nou net ons opinie): die kombuiseiland met sy uitmuntende ontwerp van hout en yster – hierdie is nou definitief nie iets wat jy in elke huis aantref nie! 

Vir iets meer sjiek, stel ons voor jy bekyk Die Pretoria huis wat asems wegslaan.

Wat is jou opinie oor hierdie huis?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine