by krayms A&D - Fa&Fra

​20 wenke om jou huis se waarde te verhoog (deel 1)

Johannes van Graan Johannes van Graan
Google+
Loading admin actions …

Is jy dalk van plan om jou huis in die nabye toekoms te verkoop? Selfs al woon jy heel gemaklik op die oomblik, weet niemand van ons wat more kan gebeur nie – en jy wil mos nie te laat besef dat jou huis glad nie gereed is vir daardie “te koop” bordjie op jou erf nie? 

Daarom het ons bietjie gaan rondkrap om die 20 beste maniere te vind (asook gekyk waarna eiendomsagente loer) wat jou huis se waarde gaan laat styg.

Dus, sit terug, gryp ‘n pen en papier, en begin nota’s maak…

1. Maak alle strukturele probleme reg

Sal jy in ‘n huis intrek watse dak enige oomblik kan inval? So, laat ‘n professioneel bietjie na daardie huis kyk om te sien of jou dak (en vloer en mure en pilare… ) reg en sterk is.

2. Fokus op sentrale verhitting

 Household by Inkout srl
Inkout srl

Linea radiator

Inkout srl

Al bly ons in ‘n land met ‘n lekker warm klimaat, kan ons winters nog steeds lekker koelerig raak – en op party plekke deksels koud! 

Dus, kyk gerus of jy ‘n kaggel, ondervloerse verhitting of self net ‘n lekker verwarmer kan insluit by jou huis.

3. Maak reg wat stukkend is

Terwyl jy na jou verhitting kyk, loer sommer of al die elektriese kabels, waterpype ens. werk soos wat hulle moet werk. En as dit lyk asof enigiets reggemaak moet word, doen dit voordat daardie eiendomsagent (of moontlike koper) by jou voordeur instap.

4. Maak mooi wat jy kan sien

 Walls & flooring by Decorum Tiles
Decorum Tiles

FLORA DELFT TILES

Decorum Tiles

Verf wat afdop, gekraakte teëls… hierdie skep nie ‘n mooi indruk van jou huis (of van jou) nie, en gaan geen eiendomsagent of koper laat op en af spring van blydskap nie. 

En selfs al gaan die kopers van jou huis hul eie dekor en style aanbring, moet jy nog steeds jou huis so goed as moontlik voorberei.

5. Wat van ‘n solder kamer?

country Bedroom by A1 Lofts and Extensions
A1 Lofts and Extensions

Wimbledon Loft Conversion

A1 Lofts and Extensions

Ook genoem ‘n “loft”, kan hierdie ekstra spasie soveel meer vir jou huis se potensiaal (en prys) beteken!

6. Vervang die vensters

Alle gekraakte vensters en stukkende vensterrame moet vervang word. Kopers is minder geneig om te baklei vir ‘n laer prys as hulle sien dat daar geen groot regmaak-werk op hulle wag nie.

7. Kikker jou kombuis op

modern Kitchen by homify
homify

Maida Vale Extensions

homify

Niemand verwag dat jy jou kombuis van vloer tot plafon moet oordoen nie, maar sorg ten minste dat daai kasdeure ordentlik oop- en toe maak, of dat die eiland se blad nie beskadig is nie.

8. Maak dit meer modern

modern Living room by iroka
iroka

Open Plan Living

iroka

Jy sal definitief ‘n profesionele bouer benodig vir dié een, maar om die binnekant van jou huis meer modern te maak (soos deur ‘n muur af te breek en jou kombuis en eetkamer/sitkamer in ‘n oopplan te verander) kan definitief ‘n verskil aan die verkoopsprys maak.

9. Gee bietjie styl aan jou outydse badkamer

industrial Bathroom by My-Studio Ltd
My-Studio Ltd

Rock star ensuite bathroom

My-Studio Ltd

Nes jou kombuis hoef jy nie groot (en duur) te gaan met ‘n nuwe styl vir jou badkamer nie – ‘n opkikkering hier en daar kan ook werk.

Die belangrikste om op te fokus? Regte beligting, vloere en spieëls wat nie gekraak is nie, en ‘n bad (en stort en wasbak) meet geen vuil vlekke nie!

10. Mik vir ‘n ekstra slaapkamer

‘n Ekstra slaapkamer is dikwels ‘n groot voordeel vir ‘n huis se prys. Maar as daar nou regtig geen spasie binne in jou huis is nie, wat van ‘n ekstra kamertjie buite, soos ‘n tuinwoonstel? 

Ons belowe jou dit gaan die kopers se aandag trek, aangesien hulle dadelik gaan begin dink hoe om dit uit te verhuur. 

Maar daar’s nog! Kyk bietjie na 20 wenke om jou huis se waarde te verhoog (deel 2).

Watse ander wenke kan jy byvoeg om ‘n huisprys te laat styg?
modern Houses by Casas inHAUS

Need help with your home project? Get in touch!

Discover home inspiration!