​‘n Voorafvervaardigde huis vir minder as R400,000

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify Modern houses
Loading admin actions …

Ja nee, jy skud seker jou kop en dink by jouself dat daar geen manier is ‘n huis in vandag se tyd het ‘n prys onder R400,000 nie – maar hierdie enetjie het definitief. Natuurlik sluit die finale prys nie die erf in nie, maar net die fisiese huis. Maar nog steeds, hierdie oulike dingetjie is definitief spotgoedkoop! 

Die huis is ontwerp deur die Turkse maatskappy Tuna Prefabrik, met die idee om meer spasie vir minder koste te verskaf, wat toe op die ou einde heel moontlik was deur slim bou tegnieke en kreatiewe denkwyse.

Kom ons kyk ‘n bietjie…

Die vooraansig

Die voorste kant van die huis laat dit na ‘n heel skaflike en tradisionele bou lyk – glad nie wat mens vir so laë prys sal verwag nie. Maar die eintlike geheim is dat hierdie huis eintlik ‘n voorafvervaardigde struktuur is (ook genoem ‘n opslaan huisie deur sommige), wat beteken die panele en verskillende dele is vooraf ontwerp en gemaak in ‘n fabriek en net na die erf vervoer waar dit dan aanmekaar geslaan is. 

Hierdie bou metode maak nie net ‘n groot verskil aan die kostes nie, dit help om konstruksie tyd ook te verlaag.

Die vloerplanne

Deur na die vloerplanne te kyk, kan ons sien dat die huis ‘n heel billike uitleg bied wat perfek kan werk vir ‘n jong paartjie of klein familie. Met twee slaapkamers, twee badkamers (een bo en een onder) en ‘n oopplan leef area op die onderste vloer (wat die kombuis insluit), het hierdie ontwerp mos al die vereistes.  

Maar daardie oopplan is nie ingesluit net sodat mens lekkerder kan kuier nie; aangesien die huis nie vreeslik groot is nie, sou interne mure die spasie nog kleiner laat voel het (en die prys laat styg het). Daarom het net die belangrikste mure oorgebly aan die binnekant.

‘n Gesellige uitleg

Danksy die stoepe en balkonne wat aangebring is, bied die finale ontwerp van die huis ‘n heel gesellige uitleg aan – mens kan mos ‘n paar stoele en tafels byvoeg en heerlik daar buite kuier. 

Wat ook heel aangenaam lyk is die feit dat die boonste verdieping meer van ‘n industriële styl bied (wat natuulik ook kon help om die kostes laag te hou), terwyl die grondvloer meer tradisioneel voorkom, met die staal heining wat ‘n heel moderne styl byvoeg.

Die tuin

Al is die tuin wat ons in die foto’s sien nie deel van die finale produk nie, dink ons tog hierdie spesifieke uitleg en styl pas te pragtig by die huis. 

‘n Netjiese grasperk, ‘n handjievol plante en ‘n paar potplante op die stoep laat die huis al te fraai van buite af lyk – mens wil mos so bietjie groenigheid byvoeg net om varsheid en kleur in te sit, of hoe?  

En gepraat van goedkoper huis bou, kyk bietjie na ‘n Praktiese en snoesige modulêre Kaapse huis.

Sal jy oorweeg om so huisie aan te skaf?

Need help with your home project?
Get in touch!

Highlights from our magazine